Besoek aan Boston, Massachusetts

Boston is 'n stad van ongeveer 4 miljoen inwoners noord van New York langs die see. Dit is 'n pragtige stad met 'n lang geskiedenis. Dinge voel darem nie so tydelik en vervangbaar, soos veral in Los Angeles nie. Hier is heelwat ou bewaarde geboue en die mense is duidelik baie trots op die rol wat Boston gespeel het in die Amerikaanse rewolusie. Dit grootste negatiewe ding van Boston is dat die stad verskriklike verkeersprobleme het. Selfs op advertensieborde word geskimp oor hierdie groot probleem in Boston:

Van die lughawe se plek, waar mens gehuurde voertuie optel, het dit vir my 'n uur en tien minute geneem om te kom by die ingang na die tonnel, waarmee 'n mens onder die baai deur ry tot in die stad. Die afstand is omtrent 2 kilometer! Dit was verskriklik. Ek het hierdie advertensiebord uit die kar afgeneem terwyl ek gesit en gesit en gewag het.

Om die verkeersprobleem op te los is hulle besig met die grootste stedelike padkonstruksie projek nog ooit. Dit staan bekend as die "Big Dig". Hulle is besig om die een hele snelweg, wat tans in die lug deur die stad loop op sulke verskriklike lelike staal konstruksies (tipies Amerikaans!), te begrawe onder die grond. Terwyl hierdie groot tonnelkompleks gegrawe word, moet die bestaande snelweg nog in gebruik bly. Die manier hoe hulle die bestaande snelweg in die lug hou met sulke yslike staal strukture, terwyl hulle die oorspronklike pilare moes verwyder vir die grawe- en bouwerk, is nogal iets om te aanskou. Hierdie hele bouery, maak natuurlik die verkeersprobleem nog hagliker. Inligting oor die bouery en al die ingenieursprestasies van die projek kan gesien word op die Internet by www.bigdig.com.

Hier volg 'n paar skakels na nog bladsye met inligting en foto's oor my besoek aan Boston:

Boston se Freedom Trial

USS Consitution

USS Cassin Young

Boston middestad

Harvard en MIT

Boston snaaksighede

Terug na Mei-Junie 2002 argief bladsy

Terug na hoofbladsy