Houston, Texas

Houston is maar 'n lelike stad naby die kuslyn van die Golf van Meksiko met groot geboue en liederlike snelwegkonstruksies. Daar is ook tolhekke orals op die snelweë - van die lughawe af tot by die hotel het my omtrent $4 in tolgeld gekos. Die plek is natuurlik die energie "hoofstad" - vroeër was dit olie, maar nou het dit energie-makelaars geword, waarvan die mees berugte natuurlik Enron is. 'n Mens kan van die uitspattigheid van die Enron era sien in die stad.

Dit was bykans ondraaglik warm (34°C met 90% humiditeit!) terwyl ek daar was en hulle sê die hitte hou op hierdie vlak tot in Desember!

Ek is net bitter jammer ek het nie kans gehad om by die "Houston Space Center" (skuus vir die verkeerde spelling, maar dis soos hulle dit hier doen!) en Galveston eiland langs die see 'n draai te maak nie.

Glas toringblok langs die gebou waar ek vergaderings gehad het. Ek moet darem in alle billikheid byvoeg dat my indruk van die mense in Houston baie positief was. Die mense met wie ek te doene gehad het was almal baie hartlik en vriendelik. Dis net snaaks om met 'n mediese dokter te gesels en te hoor hoe hy met 'n Texas aksent praat! Dit voel of dit nie pas nie!

Houston uitspattigheid. Ek wonder hoeveel het hierdie ou straatnaambordjie gekos. Daar was heelwat hiervan in 'n gedeelte wes van die middestad.

Het julle al gesien dat 'n tandaarts homself so adverteer?

Ek wonder of daar 'n verband is tussen "Car Stereo Plus" en die Hallelujah van "Hallelujah Hair"!

Terug na Mei-Junie 2002 argief bladsy

Terug na hoofbladsy