Besoek aan Stone Mountain Park

Ek hoop van harte dat Stone Mountain Park nie tiperend is van Amerikaanse Nasionale Parke nie. Die natuurskoon was pragtig, maar wat die spulletjie daar met die plek aangevang is regtig belaglik. Kan hierdie mense nie 'n stuk mooi natuurskoon geniet sonder agtergrondmusiek, lopende kommentaar of "entertainment" nie? !!!!! Hoekom moet hulle die wand van 'n pragtige groot granietberg skend met 'n yslike standbeeld?

Klaar gekla, kom ek wys wat ons daar beleef het en tóg geniet het.

Crossroads (bietjie anders as die een in die Kaap!)

Rit met Stone Mountain Railway

Op teen die berg

Rit met "stoom"-boot

Twee van die hoogtepunte van die besoek aan Stone Mountain Park kon ongelukkig nie op film vasgelê word nie:

Die een was 'n sg. 4D fliek in die dorpie Crossroads. Hierdie fliek kyk 'n mens deur spesiale brille, wat die beeld op die doek drie-dimensioneel laat vertoon. Die vierde dimensie kom met dinge wat 'n mens kan voel en ruik wat in die fliek gebeur. In die een toneel skud 'n hond homself af nadat hy in 'n rivier geswem het, en almal in die fliek word nat gespat met 'n fyn sproei! In nog 'n toneel blaas 'n slang en almal in die fliek voel die wind op hulle gesigte van die slang se geblaas! Baie prettig.

Die ander was die laser- en vuurwerk vertoning wat die aand plaasgevind het. Dit was 'n baie indrukwekkende visuele vertoning, baie Amerikaans ten spyt.

Ek weet dat die noem van hierdie twee items kontrastreer met my klagte oor al die "entertainment" in die natuurpark. Dit was nogtans 'n belewenis om te onthou, maar pas meer in 'n temapark as in so 'n park.

Terug na Mei-Junie 2002 argief bladsy

Terug na hoofbladsy