Lelik en Liederlik!

Nugter alleen weet wat Acura met hierdie konsepmotor in gedagte gehad het.

Ek weet regtig nie wat Mitsubishi met hierdie Montero Evolution probeer aanvang nie.

Hierdie Isuzu was amper by die "Interessant" kategorie. Al die sitplekke is ge-anker in die middel van die voertuig sodat die vloer oop en skoon is. Daar  is 'n klein deur in die agterdeur (weet nie of dit vir 'n hond of sak golfstokke is nie!).

Absoluut liederlik en heeltemal onprakties. Een of ander poging van Lexus.

 

Hierdie Pontiac Aztec het 'n toekenning gekry as die lelikste kar in die węreld. Niks in hierdie ding harmonieer met enigiets anders nie. Kyk bv. net hoe lelik die gaping in die bakwerk vir die agterwiel lyk. Verkope van die ding is ook maar bitterlik swak.

Nog 'n konsepmotor waarmee Pontiac oorweeg om die mensdom mee te straf.

 

Hierdie Chrysler Crossfire was verlede jaar 'n konsepmotor by die Detroit skou. Die hartseer nuus vir die mensdom se sintuie is dat die ding nou met produksie begin.

 

Cadillac se visie vir die toekoms. Ai tog!

 

Hierdie Cadillac CTS is sowaar nou in produksie.

Die nuwe "klein" Hummer H2.

Lincoln het heeltemal kop verloor.

Nog 'n bewys dat Linsoln heeltemal van koers af is. Kyk net daai yslike 22 dium wiele.

Ek probeer hier kyk of ek pas in een van die Amerikaners se reuse bakkies ("trucks"). Chris het dit afgeneem.

'n Bakkie kan beswaarlik leliker of groter. Dit is 'n Dodge Ram.

Nadat 'n mens hierdie gedrog gesien het, lyk al die karre op die skou skielik mooi. Ek kan net nie glo dat iemand sowaar hierdie amateuragtige idee omskep het in 'n konsepmotor nie. Blykbaar oorweeg hulle sowaar om die ding te begin vervaardig! Hierdie Dodge omskep die begrip van lelikgeit in iets baie baie erger as wat dit voorheen was.

Chris het my verbaasde uitdrukking oor hierdie Dodge gevang!

Terug na Januarie 2002 argief bladsy

Terug na hoofbladsy