Klassiek en mooi

Moet net nooit weer sê ek kan nie vir die Amerikaners iets toegee as dit hulle toekom nie! Ek het sowaar hierde nuwe Ford Thunderbird op hierdie bladsy geplaas! Suid- Afrika se CAR sê hierdie kar het meer '50s stilerings elemente as die fliek "Grease"!

Hierdie sportmotor is sowaar ook 'n Amerikaanse motor, die Saleen S7. Suid-Afrika se CAR tydskrif het ook al 'n artikel oor hierdie kar gehad. Die ontwerpers van die Saleen S7 het definitief baie by Ferrari afgeloer!

Hierdie kar val vir my nie rêrig in die kategorie "mooi" nie. Dis darem nie lelik nie, maar ook nie regtig interessant nie. Dit is die Nissan Ultima en is die VSA se motor van die jaar vir 2001. Van die Amerikaners was glo baie verbaas en het gedink een van hulle liederlike Lincoln's gaan die toekenning kry! Kollega Chris Joubert het hierdie foto's geneem.

Hierdie Nissan Z350 gaan baie hier verkoop.

 

Hierdie is die Audi wat die Le Mans gewen het. Kollega Chris Joubert het hierdie foto's geneem.

Die Mercedes SL500. Toe ons hier gestaan het, toe vra 'n Amerikaanse vrou langs ons of dit nou 'n sportmodel is!

 

Dit sal 'n rukkie neem om gewoond te raak aan die nuwe BMW 7 reeks, veral die agterkant. 'n Mens hoef geen spierkrag te gebruik om die kattebak toe te maak nie. Daar is 'n knoppioe wat 'n mens druk en dan gaan die kattebak vanself toe. Dink net hoe baie tyd dit vir 'n mens elke dag gaan spaar!

Hierdie is nou 'n 4x4!!! Dit is die nuwe Range Rover.

Rolls Royce Corniche.

Klassieke Maseratie Spyder

Sewentiger jare se Lotus Espirit se tydlose ontwerp is vandag nog mooi.

Klassieke Porsche

Nuwe Lamborghini Murciélago

 

Rooi geverfde plaatmetaal kan nie in 'n mooier vorm verkry word nie! Ferrari 360 Modena.

Dit was 'n lang dag. Ek sit langs kollega Ica van Eeden. Chris Joubert het dit afgeneem.

Terug na Januarie 2002 argief bladsy

Terug na hoofbladsy