Le Château woonstelle, Atlanta

 Die oorhoofse indruk wat 'n mens kry van Atlanta en omgewing is bome, bome, bome en nogmaals bome. Hierdie hele plek is een massiewe woud. Ja, hier is regtig nogals baie bome! Behalwe vir die middestad omgewing en die gekonsentreerde sakegebiede noord van die middestad in Buckhead en die nywerheidsgebiede suid van die middestad, kan 'n mens eintlik nie vir Atlanta uit die lug raaksien nie. Hier het ek van die mooiste woonbuurtes gesien wat ek nog in die VSA gesien het.

Ons woonstel gebou is naby Buckhead in 'n omgewing waar 'n klomp woonstelgeboue al langs Lennox straat af gebou is, met gewone woonhuise weggesteek tussen die bome in die systrate. Ek ken iemand wat hier naby woon en hy het vertel hoe hulle moet stry om die woonhuise te beskerm teen ontwikkelaars wat nog woonstelle wil bou. Die woonstelgebou waar ons bly, met die fênsie naam, Le Château, is splinternuut.

Le Château se voordeur.

 

Die woonstel is ook tussen bome gebou.

Terug na Mei-Junie 2002 argief bladsy

Terug na hoofbladsy