Long Beach, Kalifornië

Vandag, Sondag 26 Januarie 2003, het ons Long Beach, langs die see suid van Los Angeles, besoek.

De hoofstraat deur Long Beach, met die alomteenwoordige palmbome van Suid Kalifornië.

Amerikaanse teddiebere is ook vet!

Middestadgeboue van Long Beach vanaf die hawegebied.

Bekende baken van Long Beach, die Queen Mary, nou 'n drywende hotel en museum.

In hierdie koepel, langs die Queen Mary, is Howard Hughes se "Spruce Goose" tot 1992 gehuisves. Die "Spruce Goose" was die grootste vliegtuig wat nog ooit gebou is. Dit is gebou tydens die tweede wêreld oorlog in 'n poging om die groot verliese aan skepe wat oor die Atlantiese oseaan vaar te "omseil" deur oor die see te vlieg. Die vliegtuig is geheel en al van hout gebou (nie "spruce", soos die bynaam aandui nie, maar beukehout). Hout is gebruik om nie verdere druk te plaas op skaars oorloghulpbronne nie. Die vliegtuig is eers na die einde van die oorlog voltooi en het wél een keer "per ongeluk", tydens 'n toets, vir omtrent 1,6km ver gevlieg hier in San Pedro baai. Die vliegtuig word nou gehuisves in 'n lugvaart museum in die deelstaat Oregon. Die verskuiwingsproses van die vliegtuig van hier af tot by sy nuwe tuiste was natuurlik 'n enorme onderneming. Die volle storie word vertel by www.sprucegoose.org. Die koepel word nou aangepas as 'n eindpuntgebou vir groot passasierskepe.

Seeleeus op 'n boei in die Long Beach hawe.

Net 'n paar van die reuse hyskrane, waarvan daar rye en rye van is in Long Beach en Los Angeles hawens. As hierdie twee hawens gekombineer sou word (en hulle is langs mekaar geleë in San Pedro baai), sou dit die derde grootste hawe in die wêreld wees, naas Hong Kong en Singapoer.

Hierdie is twee van 'n hele paar mensgemaakte eilande in San Pedro baai. Hierdie eilande is gebou omdat daar olie in die baai ontdek is. Dit sou baie lelik gewees het om 'n klomp oliebootorings so naby aan die land te plaas, toe bou hulle hierdie eilande en "versier" hulle met 'n klomp palmbome om die oliewerke te probeer wegsteek. Op die eiland op die onderste foto, wat nader is aan die land,  het hulle met kamoeflerende bouwerk die boortorings probeer wegsteek.

Van die ouer geboue langs Long Beach se kuslyn. Die gebou aan die linkerkant is in 1929 gebou en is een van die min geboue wat die 1933 Long Beach aardbewing oorleef het. Baie gerusstellende woorde!

Twee jagte seil voor die Queen Mary verby.

Winkels en restaurante in Longs Beach hawe.

'n Mens moet seker bly wees hulle sê nie ook "No boating" in Long Beach se hawe nie! Ek wens net hierdie klomp kon "harbour" reg spel!

Terug na Januarie 2003 argief bladsy

Terug na hoofbladsy