Malibu Canyon en PCH

Uitsig van die Malibu Canyon roete deur die Santa Monica berge. Die pad herinner 'n mens nogal aan Bainskloof (op 'n kleiner skaal). Die verkeer deur sommige van hierdie bergpaaie is een aaneenlopende stroom karre, soos mense die kuspad ry om die verstopte I-405 snelweg probeer vermy. Dit is ook 'n baie mooier en interessanter pad om te ry.

Uitsig vanuit die berge oor die Stille Oseaan. Ongelukkig kan 'n mens nie die see uitmaak deur die deinserigheid nie. Die pad is nogal steil af na die see toe.

Huise teen die steiltes bokant die Pacific Coast Highway (PCH) in Malibu. Dit laat mens nogal aan sommige van die huise bokant Gordonsbaai dink.

Nog huise in Malibu bokant die PCH. Een of ander argitek het seker heelwat geld gemaak vir die huis heel bo op die foto. Die huis links is in aanbou. Alles word met Weetbix hout gebou met 'n laag buite op wat enige huis kan laat lyk of dit met klip of baksteen of wat ook al gebou is.

Terug na Januarie 2002 argief bladsy

Terug na hoofbladsy