Blyplek in Marina del Rey

Marina del Rey is 'n voorstad van Los Angeles baie naby die see by Venice Beach. Ons is nou binne 10 minute se ry van Dimension Data se kantore en binne 10 minute se stap van die see af! Die woonstel kyk uit op een van die binne-pleine en het dus nie veel van 'n uitsig nie. Ons hoor egter nie enige verkeer nie, wat 'n groot bonus is, want sommige van die strate rondom die woonstelkompleks is maar taamlik besig.

So lyk ons woonstelgebou van buite af. Ons woonstel is op die grondvloer. Hulle is besig om die hele kompleks 'n bietjie op te knap deur die lelike houtbalkonreëlings te vervang met staaltralies. Die hout fassieplanke by die dalk word ook vervang met iets wat darem bietjie meer vorm het.

So lyk die verhitte swembad tussen die woonstelgeboue. Daar is ook 'n hele paar tennisbane (op die dak van die parkeergarage) en speelplek vir kinders.

Chris in aksie by die gasbraaiers naby die swembad. Ons was die eerste om hierdie nuwe toevoeging tot die kompleks in te wy!

 

So lyk die sitkamer en eetgedeelte.

Die kombuis is maar taamlik klein.

 

My slaapkamer.

 

Badkamer (spesiaal afgeneem vir Engela!) en die instapkas.

Ons "troeteldier". Verlede jaar in Thousand Oaks het ons minstens darem lewendige eekhorings gehad om te voer, maar hier in die stad is hierdie hasie die naaste aan so iets wat ons het!

Terug na Januarie 2002 argief bladsy

Terug na hoofbladsy