Rit met Mulholland Highway en Pacific Coast Highway - 16 November 2002

 

Kaart van die roete van die woonstel in Marina Del Rey, deur Santa Monica, met Topanga Canyon deur die berge en dan al met die berge langs met die Mulholland Highway tot by die PCH (Pacific Coast Highway) deur Malibu terug tot by Santa Monica.

Videowinkel in die klein dorpie Topanga Canyon.

  

Snaakse winkel in Topanga Canyon se hoofstraat.

Dit lyk nie vir my die mense in Topanga gee baie om vir groot honde nie!

Die afdraai na die bekende Mulholland Highway.

Liederlike, Franklin Lloyd Wright tipe, huis in die berge langs die Mulholland Highway.

Toneel in Malibu Creek Park, 'n natuurpark in die Santa Monica berge.

Kan jy dit glo, 'n yslike groot Hindu tempel in die berge!

Sy-aansig van die Hindu tempel.

Afgodsbeeld met klomp arms en bene op die tempel. Orals is allerhande snaakse beelde.

Toneel in die Santa Monica berge langs die Mulholland Highway.

Malibou Lake in die berge.

Hierdie is nou 'n Amerikaanse toebroodjie! Dit was my middagete vandag.

El Matador strand - een van die mooiste strande wat ek nog hier gesien het.

Branders in El Matador strand.

Uitsig oor die baai in Malibu.

Malibu se pier.

Hierdie rob-welpie het onder die pier op die sand gesit.

Laat middag son oor Malibu se strand.

Die son gaan onder in Santa Monica.

Terug na November-Desember 2002 Argiefbladsy

Terug na hoofbladsy