Santa Barbara, Kalifornië

 

Mooi bome en geboue weerskante van State street, Santa Barbara. Daar loop die hele tyd elektries aangedrewe "shuttle" busse op en af in die straat van die see af en 'n mens kan teen 25c daarop ry.

 

Daar is baie sypaadjie kafees langs die straat en orals sulke klein arkades vol winkels.

 

Dit lyk die Amerikaners beskou 'n stuk strand nie as volledig as hulle nie eers 'n "pier" gebou het nie. Santa Barbara het dus ook 'n "pier". Die hele struktuur is van hout gebou, karre kan selfs daarop ry en parkeer en daar is winkels en 'n maritieme museum op die "pier".

 

Santa Barbara se "pier" word Stearns Wharf genoem. Ek wonder of die seemeeu weet van die verbod op visvang!

Spesiaal vir Paul!!

 

Mooi R2 miljoen afslaankap twee deur karretjie in Santa Barbara!

Terug na Mei-Junie 2002 argief bladsy

Terug na hoofbladsy