Hierdie was nou 'n baie goeie voorbeeld van wat 'n mens nie moet doen in 'n nasionale park nie. Die trein raas  - die toeter blaas knaend en 'n mens hoor elke nou en dan orals in die park die trein se toeter. Die hele tyd in die trein moet 'n mens luister na die irriterende kommentaar van 'n jong laaitie wat dink sy grappies is oulik en aanmekaar die mense in die trein se trokke wil laat deelneem deur te vra dat ons moet "cheer" en arms swaai en na elke simpel grappe moet ons hoor hy is "just kidding" (oor en oor tot satwordens toe). Plaas dat ons net lekker rustig kan ry en die natuurskoon van die rit deur die woude en om die berg kan geniet.

 

Die trein kom in die stasie aan om ons op te laai.

 

Die tjęrrie op die koek van belaglikheid is die "treinroof" van die "berugte Bolin Brothers", Alf en Ralf wat nou veronderstel is om ons te "entertain". Toe die treinrit begin is ons gewaarsku dat daar gerugte is dat hulle ontsnap het en ons moet dophou vir enige snaaksighede langs die spoor en gil en arms swaai as ons iets verdags opmerk. Niemand het nie. Hoekom is sulke kinderagtigheid nodig? Kan ons nie maar net die natuur in rustigheid geniet nie?

Terug na Stone Mountain Park bladsy

Terug na Mei-Junie 2002 argief bladsy

Terug na hoofbladsy