Sonsverduistering!

Tydens die middag van Maandag 10 Junie was daar 'n gedeeltelike sonsverduistering oor die weste van Amerika en groot gedeeltes van die Stille oseaan. Ek het die middag spesiaal Venice Strand toe gegaan om te sien wat ek kan afneem. Dit het ook 'n unieke kans gebied om die son en see te kon afneem in die flouer sonlig.

Beskrywing op die Internet oor hoe die sonsverduistering oor Los Angeles sou lyk. Meer as 70% van die son se oppervlakte is deur die maan versteek.

Foto van die son geneem deur 'n negatiewe film wat iemand langs Venice Strand vir my geleen het. Dis die eerste keer in 'n lang ruk wat ek weer film gebruik! As 'n mens vergelyk met die voorstelling van Nasa hierbo, het ek die foto geneem na die piek van die sonsverduistering.

Hierdie man het 'n teleskoop opgestel op so 'n manier dat 'n beeld van die son projekteer op 'n stuk papier. Die vorm van die son kan gesien word in die rooi sirkel op die foto.

 

 

Strand tonele in die flou sonlig tydens die sonsverduistering.

Terug na hoofbladsy