Langs die kanale - Venice, Los Angeles

Die geskiedenis van Venice in Los Angeles is die volgende: Een of ander eiendomsontwikkelaar het besluit dat 'n tema vir 'n nuwe woonbuurt, gebasseer op die kanale in Venisië, sal help dat die eiendomme gou verkoop. Die kanale is toe gegrawe, die erwe uitgelê en vandag het Los Angeles 'n voorstad met die naam Venice en die strand Venice Beach daar naby.

Hier is van die kanale, met die bote wandelpaaie langs die kanale en brûe. Die een kanaal se naam is ewe die Grand Canal, nes in Venisië!

Hier is van die huise langs die kanale. Ek lei af uit die huise se groottes dat dit 'n taamlik gesogte buurt is. Party huise poog om soos Venisië te lyk, maar die alomteenwoordige palmbome wys dis pure Los Angeles!

DIt lyk of die huis aan die linkerkant ontwerp is deur iemand wat gedink het Venisië is in Engeland! Die huis aan die regterkant het 'n mooi venster en natuurlik ook 'n palmboom!

Die eende in die kanale is nogal mak. Hulle mors net oral op die paadjies en dan is daar bordjies wat vir mense vra om asseblief agter hulle honde skoon te maak!

Terug na Januarie 2002 argief bladsy

Terug na hoofbladsy