Dimension Data kantore

Die Dimension Data kantore is in Marina del Rey, 'n voorstad van Los Angeles langs die see.

Die kantore lyk van buite na 'n redelike treurige vaal geboutjie, maar is baie "high-tech" van binne. Hierdie is die aansig van die straat se kant af. Ek stap smiddae hier verby om by Subway 'n 6 duim brood rolletjie te kry!

Langs die sykant van die gebou waar 'n mens deurry om agter te gaan parkeer. Die parkeerplekke is maar bitter nou vir die tipiese Amerikaanse kar. Sommige van die parkeerplekke is tandem parkeerplekke. Elkeen is genommer en as jy agter staan in 'n tandem parkeerplek, moet jy jou sleutel ophang by 'n sleutelrak by die regte nommer. Die persoon wat vasgeparkeer is kan dan die kar wegtrek om uit te kom.

So lyk die ingang langs die sykant van die gebou. Hier is die enigste Dimension Data teken wat van buite af sigbaar is.

So lyk die kantoorruimte aan die binnekant. In die koffie ruimte is daar ook 'n Pool tafel en 'n groot Coke masjien waar jy verniet 'n blikkie Coke en ander "soda"'s kan kry.

Uitsig vanaf Wellpoint se kantore

 

WellPoint se hoofkantoorkompleks is op 'n heuwel in Thousand Oaks met 'n mooi uitsig oor die berge rondom die Ventura vallei. Dele van die uitsig is op hierdie twee foto's.

Terug na Desember 2001 argief bladsy

Terug na hoofbladsy