Sondag 25 November 2001

Vandag het ons na middag ete van Thousand Oaks af suid gery deur die Santa Monica berge tot by die see. Daar het ons kus langs gery, plek-plek gestop en toe terug gekom na ons woonstel toe.

Voor ons vertrek het Chris eers 'n bietjie kultuur teweeg gebring op ons Pontiac Grand Am!

Vallei in die Santa Monica berge.

Tonele by "El Matador State Beach". Dis my eerste besoek aan 'n plek langs die see wat nie Atlantiese of Indiese oseaan is nie. Daar het ons aan die gesels geraak met die Amerikaner wat nog die meeste van Suid-Afrika geweet het van enige een wat ek nog ontmoet het. Hy het geweet van die Kaapse wynbedryf en selfs geweet dat daar brande verlede jaar was wat wingerde beskadig het!

Hierdie foto is regtig - dis nie gedokter nie! Kan julle dit glo! Dis ook nie langs die Kubaanse kus nie, maar in Kalifornië.

'n BMW Z8 het in Malibu langs ons gery (een van VELE baie fênsie karre wat ons daar gesien het). Dis die kar waarmee James Bond gery het in sy jongste fliek. Ek het nog nooit so een in SA gesien nie.

Op hierdie strand, in Santa Monica, het ek natuurlik baie tuis gevoel!

Geboue langs die strand in Santa Monica. Hier is geld!

Sonsondergang oor die Santa Monica pier.

Terug na Desember 2001 argief bladsy

Terug na hoofbladsy