Ons werkplek

Ons doen ons stelsel installasie by Blue Cross of California se kantore in Newbury Park, 'n voorstad van Thousand Oaks. Thousand Oaks is bekend as een van die veiligste stede in die VSA.

Dis straat voor die kantoorgebou. Wat hier anders is as Los Angeles, is dat hier bloekombome langs die paaie geplant is en nie palmbome nie.

BCC se gebou.

By Maggie se mobiele koffie plek, daagliks geparkeer in die straat voor die kantoorgeboue, kry ons ons "Double Latté" vir $3.

Johan in sy "cubicle". Ruimte in die kantore is maar min.

Skuins oorkant die pad van die kantore is BMW se VSA ontwerp ateljees. As ek dit nie mis het nie, is die nuwe Mini hier ontwerp!

Terug na Januarie 2003 argief bladsy

Terug na hoofbladsy