Boston middestad

In ander VSA stede voel alles tydelik, maar in Boston voel dit die naaste aan 'n Europese stad wat ek nog in die VSA gesien het. Daar is ook natuurlik Amerikaansighede soos liederlike snelgweg brûe en lelike yslike staalkonstruksies vir paaie oor die baai en riviere, maar daar is ook mooi ou geboue.

Boston se ou stadsaal.

Plein langs die Fanueil saal, ook deel van die Freedom Trial. Dit laat 'n mens baie dink aan die Waterfront in die Kaap, vol stalletjies, restourante en interessante winkels.

 

Mooi tuin en fontein in "Post Office Square".

 

Oud en nuut in stadsgeboue in Boston.

Laatmiddag silhouet van die ou liederlike staal brûe en die moderne nuwe brug oor die Charles rivier. Die Charles is glo nie dieselfde as Charles Glass nie! Die nuwe brug is deel van die "Big Dig" en is al gedeeltelik in gebruik.

Terug na Boston bladsy

Terug na Mei-Junie 2002 argief bladsy

Terug na hoofbladsy