Snaaksighede in Boston

Omdat dit in Amerika is, sal hier in Boston ook snaaksighede wees!

Dit lyk vir my dat vragmotors wat luier hier so 'n groot probleem is dat daar selfs 'n "State Regulation" daaroor moet wees!

Net sodat jy nie kan "sue" as jy êrens op die oorlogskip oor iets struikel nie!

Iets wat ek graag wou doen is om op een van die Boston "Duck Tours" te gaan, waar 'n mens op 'n ou tweede wêreld oorlog amfibiese voertuig deur die stad geneem word, op paaie en oor water deur die Charles rivier en deur die Boston hawe. 'n Mens word begelei deur 'n con-Duck-tor! Ek het ongelukkig net nie tyd gehad daarvoor nie.

Terug na Boston bladsy

Terug na Mei-Junie 2002 argief bladsy

Terug na hoofbladsy