Boston se Freedom Trial

Een van die groot besienswaardighede in Boston is die Freedom Trial. Ek was te kort daar om op te lees en te verstaan wat presies die geskiedenis is wat daar herdenk word, maar dit het te doen met die Amerikaanse rewolusie, die skep van die Amerikaanse grondwet en die vrylating van slawe in die noorde (wat op sy beurt weer gelei het tot die Amerikaanse burgeroorlog).

Monument vir die rol van swart soldate in die Amerikaanse burger oorlog.

Een van die vele kerke langs die Freedom Trial wat 'n rol gespeel het in verandering in die VSA. Een van die kerke se "eerstes" is dat dit die eerste veelrassige kerk was en by 'n ander is die eerste anti-slawerny toesprake gelewer. Hierdie is een van die kerke langs die roete.

 

Die State Hall. Op die balkon links is die konsep Amerikaanse verklaring van onafhanklikheid glo die eerste keer voorgelees. 'n Verbyganger van Boston het, toe hy hoor ek kom van Suid-Afrika, met groot trots vertel dat die leeu en eenhorinig op die gewel van hierdie gebou die enigste Britse koninklike simbole is wat in die VSA toegelaat word!

Paul Revere se huis. Ek moet erken ek het voor my besoek aan Boston gedink dis net 'n sigaret handelsnaam. Nou weet ek hy was een of ander held in die geskiedenis in Boston, wat presies weet ek nog nie, maar ek sal uitvind.

Terug na Boston bladsy

Terug na Mei-Junie 2002 argief bladsy

Terug na hoofbladsy