Thousand Oaks Auto Mall

In Thousand is hierdie groot "Auto Mall", glo die grootste "Auto Mall" in die wêreld. Ons ry hier verby elke dag op pad kantoor toe. Wat vir my verstom is die dermiljoene en miljoene Dollars in voorraad wat hier rond staan. Die koste van hierdie voorraad moet enorm wees. Die snaakste is dat wanneer iemand enige van hierdie motors wil koop, is die kans goed dat 'n mens, in die huidige VSA ekonomie, die motor teen 0% rente gefinansier kan kry.

Dodge Ram bakkies, yslike reuse oordoende chroombedekte padmonsters, rye van hulle.

Die agterkante van die Dodge Ram bakkies.

'n Ry Mercedes Benz'e.

Jaguar XK8.

Die Lotus Espirit, met sy 1970's ontwerp, nog steeds klassiek.

Toe die PT Cruiser op die mark gekom het, het dit die langste waglys gehad van enige Amerikaanse motor.

Vandag staan hulle onverkoop, rye en rye van hulle.

Hulle moet selfs "plaaslike" name kies om hulle te probeer verkoop.

'n Ry stowwerige Porsche's.

Splinternuwe BMW Z4's.

BMW X5'e staan in 'n ry, teen meer as 'n kwart miljoen Rand elk!

Ek het nog nooit so 'n klomp Audi TT's bymekaar gesien nie.

Die klomp Audi modelle in 'n ry.

Hierdie is Cadillac se idee van 'n dubbelkajuit bakkie!

Die Hummer H2, is die opvolger van die oorspronklike Hummer wat vir die Amerikaanse weermag ontwerp en gebou is. Dis 'n verskriklike breë ding (vier mense kan met gemak langs mekaar sit) met 'n reuse enjin. In een of ander fliek, waarin Arnold Swarchenegger gespeel het, moes hy met 'n Hummer rondry. Hy het so baie daarvan dat hy gevra het of hulle nie 'n siviele weergawe van die voertuig gaan bou nie. Die militêre Hummer is toe te koop aangebied in 'n siviele weergawe (teen meer as $100 000) en toe ontwikkel hulle die goedkoper H2 (kos om en by $50000).

Toe ons by hierdie Hummer rondgestaan het, toe was die man wat pas die ding gekoop het ook daar. Ons vra toe 'n hele paar vrae vir die verkoopsman oor die Hummer en elkeen van die antwoorde op die vrae was nuus vir die man wat pas die ding gekoop het! Dis H2 se basisprys is $47000 en hierdie een het, saam met sy ekstras ("bison bars", kolligte op die dak - wat nie op gewone paaie gebruik mag word nie, ens.), meer as $53000 gekos. Die koper het gelyk soos 'n man met heeltemal te veel geld en wat nou maar vir hom hierdie dingetjie gekoop het op die ingewing van die oomblik op hierdie Saterdag middag. Op sy selfoon was 'n groot Ferrari logo geplak!

Agter-aansig van due Hummer.

Terug na Januarie 2003 argief bladsy

Terug na hoofbladsy