Langs I-5 noord en Monterey

Die Interstate-5 snelweg strek vanaf die Meskikaanse grens by San Diego tot by die Kanadese grens by die stad Seattle. Dit is ook die hoofroete tussen Los Angeles en San Francisco. Donderdag 28 November, op die Amerikaanse "Thanksgiving day" (oftewel die dag van groot brassery en 'n groot bedreiging vir die Amerikaanse kalkoenbevolking!) het ek uit Los Angeles vertrek met die I-5 in 'n noordelike rigting. Die snelweg gaan verby die vallei stede noord-oos van Los Angeles oor die San Fernando foutlyn en dan oor die berge verby Pyramid Lake (sien hier onder) en af tot in die San Joaquin vallei. Die San Joaquin vallei is seker van die intensiefste landbou gebiede in die wêreld. Alles natuurlik onder besproeiing (sien ook hier onder). Van die I-5 het ek afgedraai met roete 152 wat deur die berge gaan tot by die see. Die pad gaan o.a. verby Gilroy, 'n plaasgemeenskap wat hier beroemd is vir knoffelproduksie! Die reuk van knoffel hang in die lug wanneer 'n mens daar verby ry.

Pyramid Lake, in die berge langs die I-5 snelweg.

Een van die pompstasies van die "California aquaduct" wat water vir die boerdery gebiede in die San Joaquin vallei verskaf en ook vir Los Angeles. Die meeste van die water wat in die suide van Kalifornië verbruik word kom van noord-Kalifornië af. Die omgewing se plantegroei lyk baie soos die Karoo.

Landskap in die berge tussen die San Joaquin vallei en die see.

Monterey se seilboothawe.

Hierdie man se dagdroom was klein!

Historiese gebou in Monterey. Die Spaanse karakter van die plek kan duidelik gesien word. Hierdie gebou is gebou in 1827 toe Kalifornië nog aan Meksiko behoort het. Monterey was die hoofstad van Meksikaanse Kalifornië en hierdie gebou was die douane huis, waar douane gehef is op invoere van skepe. Monterey was die enigste hawe waar buitelandse skepe kon aandoen. Hierdie gebou was Kalifornië se begin in internasionale handel. Na die begin van die Amerikaanse Meksikaanse oorlog in 1846 is die Amerikaanse vlag oor die gebou gehys, die begin van die Amerikaanse era in Kalifornië.

Snuistery winkels in Monterey hawe.

Viswinkel in Monterey hawe. Moneterey is ook op 'n Skiereiland, vandaar die naam van die viswinkel. Let op die waarskuwingsbordjie vir die lae plafon in die winkel.

Seeleeus op die klippe van die hawe muur in Monterey hawe.

See-otter tussen die see-bamboes in die baai net buite die hawe.

See-leeu wat bak in die son op van die hawe strukture.

Terug na November-Desember 2002 Argiefbladsy

Terug na hoofbladsy