Ocean Front Walk, Venice strand

Een van die plekke langs die Ocean Front Walk waar daar altyd aksie is, is die roller disko. Links is die "DJ" met sy klankstelsel wat aangedryf word deur 'n paar motor batterye. Regs is van die aksie. Die snaakse mense om dop te hou is die wat definitief hippies was toe hippie wees nog "hip" was, maar daar vasgehaak het!

Hierdie "standbeeld" staan doodstil totdat iemand 'n $-noot in sy beker in sy hand gooi en dan kom hy in beweging. Hy trek die snaakste gesigte en maak sulke robot-agtige geluide terwyl hy soos 'n robot sulke onegalige bewegings uitvoer. Enige iemand wat 'n foto of video neem word baie sterk aangepor om 'n $ by te dra!

Vryheid van spraak, Ocean Front walk styl. Die man wat hierdie stalletjie beman se kop is definitef baie deurmekaar. Hy misbruik die Amerikaanse reg tot vryheid van spraak. Die "Mean People" storie was een van die min wat ek kans gesien het om af te neem. Die meeste van die ou se ander "geskrifte" was of vieslik of liederlik godslasterlik. Sy advertensie om 'n saamwoon "gas" te kry om sy woonstel te deel, wys hoe deurmekaar die man is. Ek stel beslis nie belang om "consciousness" te "raise" of sy tipe "clear awareness" te ervaar nie! Hier is Kalifornië is New Age denke beslis baie "in".

Terug na hoofbladsy