Proposisie 65

Hier onder is 'n foto van die belaglikste brief wat ek nog ooit gekry het:

As ek die inhoud van hierdie brief reg interpreteer, moet enige werkgewer met 10 of meer werknemers, en 'n vermoede het dat daar op die perseel 'n dalk miskien chemiese middels kan wees wat die Staat van Kalifornië bepaal het wat kanker of geboorte defekte of "other reproductive harm" kan veroorsaak, 'n waarskuwing vertoon. Dit beteken op die ou end eintlik dat álle werkgewers met 10 of meer werknemers so 'n waarskuwing sal móét vertoon (net om seker te maak). Hierdie waarskuwings sal dus orals verskyn en "wolf wolf" skreeu, sodat die plekke waar daar regtig gevaar is, géén aandag sal trek nie. Die lagwekkendste is die verwysing na die gevare in winkels waar loodkristal produkte verkoop word!

Terug na hoofbladsy