Die afgelope naweek was die groot opening van 'n $30 miljoen nuwe "ontwikkeling" in Stone Mountain Park. Dis 'n nagemaakte laat 1800's dorpie waar 'n mens glo kan agterkom "what life was really like 130 years ago", volgens die promosie materiaal!

'n Wateraangedrewe horlosie by die ingang na Crossroads. Die horlosie dui die jaar aan as 1872. Ek dink nie hulle het regtig in 1872 sulke horlosies gehad nie!

 

Geboue in Crossroads.

 

'n Paar burgers van Crossroads wat die mense vermaak met hulle modes en verskriklik oordoende "southern" aksent pratery. Pynlik vir enige oor. Die meisie se naam is Sugar Plum en hy is Horatio.

Hierdie is nie outentieke 1870's modes nie! Hierdie vrou probeer nie snaaks wees nie, 'n mens kry hier mense wat gewoonlik so lyk.

Die lede van Crossroad se "Boards of Education", v.l.n.r.: Miss B Sting, Miss B Havin, Miss D Meaner, Mr B Hind, Mr B Good en Old Yeller! Hierdie is opgehang in 'n winkel wat glo gebasseer is op 'n tipiese 1870's era se skoolgebou.

Grafsteen in Crossroads.

Hierdie man het hard probeer om sy spookasem te verkoop. Ons het hom later die aand weer gesien, maar die meeste van sy spookasem was nog onverkoop.

Terug na Stone Mountain Park bladsy

Terug na Mei-Junie 2002 argief bladsy

Terug na hoofbladsy