Stone Mountain is 'n baie mooi indrukwekkende yslike groot granietmassa. Dis blykbaar nie mooi genoeg nie, want die Amerikaners het dit goed gedink om 'n stuk van die kant van die granietmassa met dinamiet weg te skiet en 'n reuse standbeeld daarop uit te kerf. Die besigheid vorm 'n agtergrond vir 'n konsertverhoog met 'n groot grasperk waar opvoerings gedoen word. Dit het gister geblêr met so 'n konsert dat wie-weet-waar dit kan hoor. Natuur sonder agtergrondmusiek? Nooit as te nimmer nie! Hierdie foto's wys die grasperk vol mense en die geskende rotswand.

 

Hier is die Skylift. Dit was baie gerustellend om te sien dat die Skylift deur 'n Switserse maatskappy ontwerp en gebou is. Die rit na bo vind ook nie in stilte plaas nie, die operateur moet ons ook probeer vermaak met 'n grappie en 'n paar feite oor die berg afrits. Dit was darem meer draaglik as die treinrit.

Uitsig op die skending van die granietwand vanuit die Skylift. Die standbeeld verteenwoordig iets van die "Confederate States" uit die Amerikaanse burgeroorlog. Dat 'n mens nou 'n stuk rots wat miljoene jaar oud is vermink vir herdenking van iets wat maar 'n paar oomblikke in die wêreld se geskiedenis verteenwoordig!

 

Boonste kabelstasie van die Skylift en die toring net duskant die boonste stasie waaroor die kabelkar moet ry om by die boonste kabelstasie in te gaan.

Een van die kabelkarre hang bokant die landskap van woude so ver as wat die oog kan sien. Die mensgemaakte meer in die voorgrond is waar die "stoom"-boot op ry.

 

Op die foto links kan 'n mens dofweg Atlanta se wolkekrabbers op die horison sien. Dit foto regs wys die konsert grasperk en ander geboue onderkant die berg en woude en nogmaals woude. Die uitsig van bo van die berg af word ongelukkig bederf deur al die kragkabels wat bitterlik onsensitief gespan is (sien foto links). Elke nou en dan klief die trein se toeter en die konsert onder die berg se ge-doef-doef deur die stilte.

Die "stoom"-boot op die meer.

Hierdie is baie besonders - 'n verkyker "for distant viewing"!

Terug na Stone Mountain Park bladsy

Terug na Mei-Junie 2002 argief bladsy

Terug na hoofbladsy