Snaaksighede

In Playa del Rey, 'n kusdorpie net suid van die Los Angeles lughawe, is daar hierdie weerstasie voor die Outlaws restaurant met "up to the minute" weerverslae, wat 'n mens net moet interpreteer deur na die klip, wat onder die instruksies hang, te kyk. Ek weet dat die klip, hier naby die see in die suide van Kalifornië nooit wit sal wees nie en baie selde blou sal wees. Daar is wel 'n goeie kans dat die klip af en toe sal skud. Die laaste instruksie, "If the horns are blowing", het te doene met mense wat by die kruising vir die verkeerslig wag en die instruksies sit en lees en dan nie raaksien dat die lig intussen groen geslaan het nie!

Ek wonder waarheen wil hierdie ou met sy kar heen vlieg!

Die Amerikaners se "limo's" is klaar die onsinnigste en belaglikste vervoermiddels wat die mensdom nog uitgedink het - net 'n manier om overdaad ten toon te stel. Nadat hulle klaar die grense van belaglikheid bereik het, vat hulle dit nog 'n hele ent verder deur 'n oordoende groot Ford "SUV" te vat en dit te rek tot dit soos 'n "limo" lyk. Kan jy dit glo! 'n "SUV" is veronderstel om 'n 4x4 voertuig te wees, gemaak om op sleg paaie en deur die veld te ry (nie dat meer as 1% van hulle hier dit ooit doen nie) en nou gaan omskep jy dit in 'n simbool van dubbele overdaad. Dan vra die Amerikaners, met sulke ernstige fronsende "opregte" uitdrukkings op hulle gesigte, "Why do people hate us"?! Ek haat darem nie vir hulle nie, maar ek verstaan al hoe beter die gevoelens van sommige dele van die wêreld oor hierdie plek.

   

In die voorstad El Segundo, net suid van die Los Angeles lughawe is daar hierdie twee hondeparke. Duidelike onderskeid word gemaak volgens die honde se gewig. 'n Te swaar hond in die klein honde park of anders om sal getref word deur die "El Segundo Municiple Codes"! Ek hoop maar die persoon wat die "Municiple Codes" moet toepas, kan beter spel as die ou wat die bordjies gemaak het.

Volgens die "Municipal code" (hierdie keer reggespel!) moet jy ook skoonmaak agter jou hond.

Die reëls van die hondeparke is ook iets om te waardeer. Ter wille van bandwydte, het ek die reëls woordeliks hier oorgetik, en nie die foto geplaas nie. Ek wonder net of daar 'n verskil is tussen die tipe "supervise" in die derde en vierde reël van bo af!


WELCOME TO EL SEGUNDO DOG PARK

Please adhere to all dog park rules

THE FOLLOWING BEHAVIORS MUST BE STOPPED IMMEDIATELY

IN CASE OF EMERGENCY CALL 911

Thank you for your cooperation, El Segundo Recreation and Parks department


Kan jy dit glo! 'n Spesiale Barbie "Collector Edition" van 'n Suid-Afrikaanse prinses.

Stalletjie in Derde straat, Santa Monica waar uitreikwerk gedoen word (en glo my dis nodig!).

Hierdie bakkie sal Formule 1 renmotors goed skrik op die lyf jaag! Het enige iemand al ooit iets so belaglik gesien! Al wat die vlerk agter op hierdie bakkie doen is wind skep. Hierdie foto is geneem in 'n parkeerterrein in Long Beach.

Hierdie foto is op pad kantoor toe uit die kar geneem. Die bokant van die enjinkap van hierdie absolute belaglike bakkie is omtrent so hoog soos die dak van 'n tipiese kar! As ek na die blinkgeit van die chroom wiele kyk, kan mens sien hierdie bakkie kom nooit in modder of op 'n sandduin nie.

Die sleepwa, wat hierdie reuse bakkie sleep, kom definitief nie van mnr Venter op Modimolle (Nylstroom!) af nie. Ek sal net nooit kan verstaan hoekom hierdie nasie so baie dinge tot ver verby die grense van belaglikheid moet oordoen nie!

Hierdie man met sy geel klere het die hele middag hier by sy geel kar rondgehang. Hy het ook 'n stoflap gehad waarmee hy gereeld gesorg het dat daar nêrens 'n plekkie op die Corvette is wat dalk glans verloor nie!

Die koelste fiets in Venice strand!

Elke middag, met skemer, is daar 'n groep mense wat op die Venice strandgebied tromme slaan, blykbaar om die son te help ondergaan! Binne hierdie groep is daar altyd 'n ander lot wat dans. Ek het al van hulle gesien wat lyk of hulle in 'n tipe beswyming verval. Dis die snaakste versameling mense bymekaar denkbaar. Hier is seker enige iets, van mense wat net kom deelneem vir die pret, tot New Age en allerhande ander oosterse godsdienste en dalk selfs sonaanbidders. As 'n mens wind-af van die bondel staan, hang daar so 'n soet reuk in die lug ...

Hierdie man het nie 'n trom gehad nie en het hierdie ding heen en weer geskud.

Hierdie man het beslis die crescendo van tromme geniet toe die son verdwyn het agter die horison.

Selfs 'n doedelsak was ook daar!

Die trom / dans groep op 'n afstand. Die polisievoertuie regs van die groep het dinge dopgehou. Hulle het wind-op van die groep stilgehou ...

Terug na Januarie 2003 argief bladsy

Terug na hoofbladsy