USS Constitution

Een van die groot besienswaardighede van die Freedom Trial is die oudste oorlogskip in die wêreld wat nog dryf, die USS Constitution. Hoe 'n mens die ouderdom van so 'n skip meet is debateerbaar, want hulle het erken dat die enigste stukke van die oorspronklike skip se houtwerk wat nog oorbly diep onderkant die waterlyn by die skip se kiel is. Die skip het die bynaam "Old ironsides" gekry na 'n seegeveg met die Britte toe die Britse kaptein opgemerk dat die skip se sye seker van staal moet wees want die kanonkoeëls hop eenvoudig van die skip se sye af.

 

Houtsneewerk met die skip se bynaam, die skip se voorkant en agterkant.

Op die skip se dek.

Koes Osama!

Dit neem blykbaar 4 matrose om die skip se swaar stuur te bedryf.

Houtsneewerk op die skip.

Dit neem seker meer as 'n Voortrekker touknoop kursus om hiermee te kan werk!

Terug na Boston bladsy

Terug na Mei-Junie 2002 argief bladsy

Terug na hoofbladsy