Sonsondergang op Venice Strand, Los Angeles
Vrydag 15 November 2002

Hierdie bladsy bevat van die eerste foto's (of eksperimente!) geneem met my nuwe Fuji Finepix S602 kamera. Venice Strand is binne loopafstand van die woonstel waar ek tuis is in die Marina del Rey omgewing van Los Angeles.

Mense op Venice Strand kyk na die laaste paar sonstrale net voor die son verdwyn.

Venice se pier in die laatmiddag lig.

Die twee verkyk hulle aan die vroeg aand lig. Die Santa Monica berge is in die agtergrond.

Later het hulle al hoe minder on die skemerlig belang gestel ...

Venice pier geneem met die lens op wye hoek gestel.

Uitsig oor die baai na die Santa Monica berge met die lens op wye hoek.

Huise langs Venice Strand met die kamera op "night scene" gestel. Dis al baie donker, maar dit lyk op die foto byna soos daglig!

Venice pier in die diep skemerlig. Die Stille oseaan is regtig stil.

Uitsig vanaf die Venice pier in die rigtig van Santa Monica se middestad gebied langs die see.

Hierdie foto is nie by Venice Strand geneem nie, maar by die Oakwood woonstel kompleks waar ek tuis is. Weereens is die foto in die aand geneem met die kamera op "night scene" gestel.

Terug na November-Desember 2002 Argiefbladsy

Terug na hoofbladsy