Vlug UA100 van Los Angeles na Chicago

Sondag 9 Desember 2001: Vlieg met United Airlines vlug 100 van Los Angeles na Chicago. Die hoeveelheid gewapende soldate in uniform op die lughawens was opvallend. Die vlug het om 08:55 uit Los Angeles en omtrent drie en 'n half ure later in Chicago geland. Hier volg 'n paar foto's geneem uit die lug.

Luguitsig op die Interstate 405 roete uit die lug - die pad wat ons vanaf Thousand Oaks (in die verre agtergrond) deur die kloof ry na Dimension Data se kantore (links onder van die foto af).

Interesante woestynlandskap seker êrens oor Nevada.

 

'n Paar foto's van die Rotsgebergte uit die lug. Amerika beleef 'n baie warmer Desember as gewoonlik. Die "Rocky's" was dus die enigste plekke waar daar sneeu sigbaar was.

Chicago se massiewe O'Hare lughawe uit die lug - sonder enige sneeu (buitengewoon vir Desember).

Terug na Desember 2001 argief bladsy

Terug na hoofbladsy