VSA nommerplate

Hier in die VSA kan nommerplate en die rame waarbinne nommerplate op karre gemonteer is, kan 'n interessante onderwerp wees. Party is snaaks (party is ook net in Afrikaans snaaks), baie van hulle is arrogrant, party is godsdienstig en party baie tragies. Hier volg 'n paar voorbeelde.

Ek wonder hoekom wil 'n mens 'n raampie rondom jou nommerplaat hê, gevorm uit beendere en met twee kopbene met rooi gloeiende oë! Ja, daar skyn regtig liggies uit die oogkaste van die kopbene!

Hierdie arme Amerikaner weet nie eers wat sy nommerplaat beteken nie!

Foeitog!

'n Gróót lewensvraag wat gevra word op hierdie Mercedes se nommerplaat.

Híér is nou iemand met 'n houding! Hierdie nommerplaat was natuurlik op een van die tipiese totaal oordoende en onnodig groot Amerikaanse bakkies.

Ek wonder wat hierdie nommerplaat vir die Amerikaners beteken. Jong bokkie met hondsdolheid of rowwe meisie?

Ek wonder nog meer wat híérdie nommerplaat vir die Amerikaners beteken.

Terug na Januarie 2003 argief bladsy

Terug na hoofbladsy