Atlanta, Georgia

12-15 Desember 2001

In Atlanta het ek gebly in Buckhead, beslis 'n baie welaf gedeelte van die stad. Ek het daar twee Ferrari's ('n 360 Modena en 'n afslaankapTestarossa) en tientalle Porche's en ander luukse voertuie gesien.

 

Hierdie twee foto's is geneem in Buckhead. Die linkerkantste foto is geneem voor die hotel waar ek gebly het. Regs is een van die vele interessante geboue in die omgewing.

Hierdie interessante kennisgewing was in die straat net voor die hotel. Ek was bekommerd dat my aankoms daar as "cruising" beskou sou kon word want ek het twee keer heen-en-weer gery voor ek die hotel gekry het! Gelukkig was dit nie tussen 19:00 en 04:00 nie.

Die straat voor die hotel se naam is Peachtree straat. Perskes word baie sterk ge-assosieer met Georgia. Atlanta het 'n Peachtree street, Peachtree boulevard, Peachtree Industrial street en Peachtree street NE. Naby Atlanta is daar ook 'n Peachtree city. Die Georgia nommerplate het almal ook 'n prentjie van 'n perske op. Georgia staan ook bekend as "The Peach state".

 

Geboue van Blue Cross Blue Shield of Georgia (foto links) in Buckhead en Unicare in Vinings (foto regs) waar ek vergaderings met die kliënt gehad het. Hier is nie 'n foto van hulle plek in Columbus nie, want dit was toegetrek en reënerig toe ek daar was.

 

Twee wêreldberoemde handelsname met hulle oorsprong in Atlanta. By die "World of Cocal Cola" kan 'n mens enige denkbare dink met 'n Coke logo op koop.

 

Die Olimpiese eeufeespark in Atlanta wat gebou is as herdenking van die eeufees van die moderne olimiese beweging. Die fontein spuit uit die vyf sirkels van die Olimpiese embleem. Ek weet nie so lekker wat die simboliek van die beeld regs is nie. Hierdie park is waar die bom ontplof het tydens die spele in Atlanta in 1996.

Daar was op Sondag 16 Desember 'n baie interessante byeenkoms in Atlanta!

Terug na Desember 2001 argief bladsy

Terug na hoofbladsy