San Gabriel en Santa Monica berge, Malibu

30 Januarie 2002

Vanoggend het ek en Chris 'n vergadering gehad in Huntington Beach, suid van Los Angeles en toe vanmiddag moes ek in Thousand Oaks wees vir 'n ander vergadering (2 uur se ry van Huntington Beach af). Dit voel of ek net heel dag gery het. Weergewys wens ek nogal 'n mens kon heel dag rustig rondgery het en net foto's geneem het - dit was 'n perfekte helder sonskyndag. Hier is 'n paar fotos wat geneem is langs die pad.

Hierdie foto is geneem naby Long Beach na die binneland toe van die sneeubedekte San Gabriel berge bokant Los Angeles.

Spesiaal vir die kinders! Julle kan hier sien dat die Amerikaners nie eers Liewe Heksie lees nie want hulle kan nie Rosekrans spel nie! Dalk het Liewe Heksie dit vir hulle gespel.

Tonele in die Sante Monica berge noord-wes van Los Angeles. Op die foto regs kan 'n mens die Stille Oseaan en Katalina eiland op die horison sien.

Uitsig oor die Stille Oseaan. Hier kan 'n mens ook op die horison Katalina eiland sien. Dit was 'n baie mooi helder dag.

Langs die kus in Malibu. Die Stille Oseaan is definitef baie stil - selfs Valsbaai se branders lyk groot in vergelyking met die brandertjies hier. Hier is omtrent 'n algehele gebrek aan 'n deining op die see, anders as by ons waar 'n mens die deining duidelik kan sien.

Terug na Januarie 2002 argief bladsy

Terug na hoofbladsy