Interessant

Ek en Chris Joubert sit hier in 'n nuwe elektriese voertuig van Daimler-Chrysler, die GEM

Volvo se nuwe 4x4, die XC90, het baie aandag getrek. Ongelukkig is dit moeilik om 'n duidelike foto te neem van 'n swart voertuig.

Die nuwe Mini Cooper van BMW. Dit was bitterlik moeilik om 'n foto van die kar geneem te kry weens die vreeslike gedrang van mense.

Konsep voertuig van Honda - seker gemik op die "surfers" van Kalifornië.

Ford konsep - seker vir baie ryk surfers!

Hierdie konsep van Toyota lyk of hy lekker oor die Kalahari se duine sal hardloop.

Hierdie Mazda konsepmotor se verf verander van kleur, afhangende van die hoek waarteen 'n mens na die kar kyk. Dit wissel tussen geel en oranje. Ek wil met 'n stamp op só 'n veroppervlakte na 'n paneelklopper toe gaan nie!

Hierdie foto van die Mazda is, op spesiale versoek van my kinders, van die "Liederlike kontrepsies" bladsy verskuif na hierdie bladsy.

Terug na Januarie 2002 argief bladsy

Terug na hoofbladsy