Reis van Kaapstad na Los Angeles
7-8 Januarie 2002

Ons vliegtuig word gereed gemaak dat ons kan inklim by Frankfurt lughawe. Dit was toevallig presies dieselfde vliegtuig waarmee ons die vorige nag van Kaapstad af Frankfurt toe gevlief het! 'n Mens kan die sneeu tussen die aanloopbane net-net in die agtergrond sien.

Sneeu langs Frankfurt se aanloopbane terwyl ons op pad is om op te styg.

Sneeu langs die snelweė by Frankfurt lughawe net na opstyging. Net na hierdie foto geneem is, was ons in die wolke in en kon 'n mens niks meer sien nie.

'n Paar uur na ons opgestyg het, het die son suid van ons gesak en binne drie uur later was daar  weer 'n sonopkoms suid van ons! Ons het so ver noord oor die aardbol gevlieg, dat ons bokant die poolsirkel gedraai het en dus vir 'n tyd in die noordelike winter skaduwee gevlieg het. Dit is nou nie iets wat 'n mens elke dag beleef nie.

Winter toneel źrens oor Kanada. Plase onder sneeu, kronkelende riviere en woude, waar die sneeu nie so duidelik sigbaar is nie.

Terug na Januarie 2002 argief bladsy

Terug na hoofbladsy