Venice Strand, Los Angeles

 

Sonsondergang by Venice Pier op Vrydag 8 Januarie 2002. Dis 'n pragtige strand met baie palmbome. Die pier strek ongeveer 400m die see in. Dit is nogal indrukwekkend om die branders onder 'n mens te sien breek as 'n mens op die pier stap.

Restourant by die see naby die Venice Pier. Ons het al meer as een keer hier geëet.

Een van die huise langs die strand in Venice Strand. Dis seker een of ander minimalistiese ontwerp.

G'n mens weet wat die argitek met hierdie huis met sy boksie in die lug probeer doen het nie. kyk ook na die pers huis regs.

Hierdie huis het 'n dam water aan die voorkant met water wat gedurig oor die kante stroom. Dit stroom oor die stuk swart marmer wat mens daar voor sien.

Sonsondergang by Venice Strand op Sondag 13 Januarie 2002.

Hierdie vrou het 'n hoepel om haar lyf rondgeswaai op die strand terwyl haar kêrel op die sand gesit en kitaar speel het. Hier doen elkeen regtig "sy eie ding"!

Terug na Januarie 2002 argief bladsy

Terug na hoofbladsy