Die Henry Grady "stoom"-boot kom aan om ons op te laai. Hierdie "paddle steamer" het wel "paddles", maar geen "steam" nie.

'n Watertaxi ry verby die "stoom"-boot.

Chris en Ans geniet die vaart

Uitsig op die woude rondom die meer vanaf die boot. Tussen die bome is 'n kampeerterrein waar mense in tente uitkamp. Hierdie rit vind ook ongelukkig nie in rustigheid plaas nie. 'n Klankbaan speel met "country" musiek (janee, natuur sonder agtergrond musiek kan nie geduld word nie) en 'n verteller vertel (in 'n "southern" aksent!) van die rol van rivierbote in die geskiedenis van die VSA. Hoekom, weet g'n mens nie, want die geskiedenis waarvan vertel word, handel die oor die rol van rivierbote in die Mississippi rivier, wat ver van Stone Mountain park af is. Die vertelling is dus heeltemal buite konteks. Hoekom kan ons nie maar net in stilte 'n vaart op 'n mooi meer tussen bome geniet nie? !!!!!

Terug na Stone Mountain Park bladsy

Terug na Mei-Junie 2002 argief bladsy

Terug na hoofbladsy